25 Junie
Ek het besluit om die blog sover moontlik Afrikaans te hou. Ek is dit eerstens verskuldig aan die taal. Tweedens wil die gemengery nie te lekker werk nie. “Cafe Luigi” werk nie goed as naam nie en dit roep nie die regte beeld op nie. Ek het besluit om die stories uit te brei na verder as die karakters om Lewies maar ander staaltjies in te sluit. Daarom die naam verandering en die pages se vertaling.
6 June 2007
Ek het nou al spoeg en plak blogge gemaak, diep filosofiese blogge, poems, rants, tegniese blokke, my cult movie en hobby hangups en ou army storietjies … ek het al my voorsate se storie vertel in aflewerings, vreeslike ernstige wereld politiek goed oor evil knieval bushie geskryf. Soos Antie Sweet violet opgemerk het in een van haar comments “ Ok ..so now what is the point your are trying to make.” Die blogge wat ek egter die meeste geniet om te doen is die oor myself, tong in die kies en eg Suid Afrikaans ge flavour. Dit is hier waar my humor die beste uitslaan. Die probleem is egter dat as jy van jou naaste dierbares skryf en dit humoristies aanbied dit die potensiaal het om hand uit te ruk en seer te maak. Amper soos n stand up comedian wat sy skoonma en sy vrou cartoonish verspot of erg oordrywend uit beeld. Jy kan nie altyd verwag hulle moet verstaan nie en al lees of weet hulle nie van my blogge nie maak dit tog saak. Want ek is lief vir hulle. Ek het besluit om dit dalk die beste te oorkom is om heeltemal verregaande oorboord te gaan met die waarheid. Karakters te invent wat glad nie bestaan nie en Karakters soos Mama te plaas waar hulle glad nie in die ware lewe is nie. Ek self gee nie om om myself bloot te stel nie so ek bly die blogger wat n Bistro run met al die karakters en hul doen en late om my. Ek wou graag n blog he waar die karakters n leefplek vind met my as verteller sonder ander posts tussen in. Ek het besluit om n tweede blog te begin vir hierdie projek. So as julle wil weet waar my Italjiaanse bloed vandaan kom. Of hoe ek en Kadietjie ontmoet het alles van die wedding en moleste honeymoon ens. Hoeveel waar en hoeveel raar is besluit self moet my net nie beskuldig van dishonesty nie.
8 June 2007Ek het toe die naweek aan my nuwe blog projek gewerk. Die idee was hoofsaaklik om ‘n uilaat vir my skrywers drang te kry. Ek het al voorheen probeer om n storie te blok maar dit het nooit regtig gewerk nie en ek het gevind jy verveel baie gou jou blok vrinne wat dan ophou lees . Blok lees is ook nie dieselfde as boek lees nie. Ek sal die stukkies moet kort hou en nie noodwendig n verhaal lyn volg nie maar eerder episodes binne n bekende mileu.


0 responses so far ↓
There are no comments yet...Kick things off by filling out the form below.