William Butler Yeats
Ek het al my gedigte geskuif na ‘n anner plekkie
Ek pleeg soms ‘n gedig moet ek beken. So daar het u dit. Eks uit die digkas. In my vrye tyd maak ek rympies. (Soms pas ek die FAK liedjies bietjie aan ,stouterig, die goed leen hulself net daartoe ek kannie helpie).
-
Poetry (from the Greek “ποίησις”, poiesis, a “making” or “creating”) is a form of art in which language is used for its aesthetic and evocative qualities in addition to, or in lieu of, its ostensible meaning. Poetry may be written independently, as discrete poems, or may occur in conjunction with other arts, as in poetic drama, hymns or lyrics. http://en.wikipedia.org/wiki/Poetry
-
As ek dig dink ek aan myself as besig om te skilder. Daarom dig ek baie visueel, beskrywend ook verhalend. Ek wil he die leser moet sien en beleef wat ek dig.Die digkuns is ook iets wat ek doen vir die tegniese challenge daarvan, amper brein oefeningtjies kan jy maar se. Ek is nie volk bevok nie maar my taal is my mooiste taal . Elke dag is ek oorswelg met ander se taal daarom soos ek se in die gedig; Gedig
om myself te herhinner om te droom
In die taal van my gedig.
Ek kon nog nooit my verlange na die plaas innie oos Vrystaat beter uitdruk as wat WB Yeats se gedig dit vir my verbeeld nie. Al wat ek kon doen was om dit te ver Afrikaans. Hoe vergelyk my geleende poging teenoor die groot Ier se oorspronklike en se vir my Afrikaans kan nie sy man staan nie.
Skulp spruit innie Vrystaat
Ek sal maar aanstaltes maak en gaan, gaan na die plaas inni Vrystaat
en daar vir my ‘n klein hartbees huisie bou met mis vloer en populier
nege rye boontjies sal ek laat rank (organies) en ‘n hok vir die ganse he
en ek sal alleen daar bly met net die ritsel van die rooigras geluid.
.
En ek sal rustig word daar en die siele vrede vind wat stadig neerdaal
Soos dou druppels perel oor jou aangesig in die smorens mis
En die nanag se glinster sterre en die maanlig purpur gloed
En die vroee skemer kalmte by die kuil net naalde kokers vlerke ghirts en die geelvis rimpels maak.
.
Ek sal maar aanstaltes maak en gaan , want elke daggen nag
hoor ek die spruit stroompies kabbel oor die klippe
hier waar ek staan langs die teer strate en die beton grys
hoor ek dit hier in my hart se diepste binneste druis
Vrylik geleen van (The lake isle of Innisfree) WB Yeates
The lake Isle of Innisfree (WB Yeats)
I will arise and go now, and go to Innisfree,
And a small cabin built there, of clay and wattles made;
Nine bean-rows will I have there, a hive for the honey-bee,
And livealone in the bee loud glade.
.
And I shall have some peace there, for peace comes
dropping slow,
Dropping from the veils of the morning to where the cricket
Sings;
There midnight’s all a glimmer, and noon a purple glow,
And evening full of the linnet’s wings.
.
I will arise and go now, for always night and day
I hear lake water lapping with low sounds by the shore;
While I stand on the roadway, or on pavements grey,
I hear it in the deep heart’s core.



6 responses so far ↓
Pages tagged "rank" // Januarie 31, 2008 at 12:01 vm |
[...] bookmarks tagged rank Digterlike vryheid saved by 3 others rokgod bookmarked on 01/30/08 | [...]
boerinballingskap // Januarie 31, 2008 at 3:49 nm |
Geluk met hierdie mooi vertaling! Doe’ so voort!
luigi // February 2, 2008 at 8:49 vm |
boer
dankie man !
Nikita // February 2, 2008 at 5:02 nm |
Baie mooi!
Nikita // April 15, 2008 at 9:50 nm |
Wat het met jou blog gebeur… jou familie-besonderhede…?
rosalindfranklin // April 17, 2008 at 5:53 nm |
Hallo ek wou kom verder lees van jou interessante navorsing oor die stamboek, het dit so geniet toe sien ek jy het alles geskuif? Het jou gemis, jy was lanklaas hier.