My dokters vriend van Kuba , Jose ( Goosen sonder die “N)” soos ‘n instelling kom lewer jaarliks terug van sy vakansie uit Kuba plegtig ‘n pakkie hier by Café Luigi af en dan kuier ons tot laat hier op die straat stoep. Dit bevat Kuba se mees bekende uitvoer produk ,sigare, ‘n paar Romeo en Juliette en so bondeltjie van sy plaaslike omgewing se geroldes, so op die dye van ‘n jonge latynse dame.
Die rokery is natuurlik ‘n vreeslike sonde. Ek vertroetel eers die sigaar voel die perkament van die blare die stewigheid van die rol tussen my vingers, neem die kleur skakerings in wat wissel soms ligte toffee bruin tot ‘n donker ebony van sommige soorte, ruik aan hom sit hom eenkant neer. Tel hom weer op eers so half pad deur my agter middag glas cabernet dan proe – proe ek hom so eers tussen my lippe voordat ek met die ritueel begin om die punt te knip en hom aan die brand te puff. Jose haal sommer so n half gerookte stukkie sigaar uit sy koker en steek hom aan. Niks verkeerd om die sigaar dood te druk en later te rook nie. Jose soos ‘n regte sigaar affinado teug diep behaaglike trekke en laat die rook stadig uit wolk. Ek gee net sulke kort vlak teue. Ek rook glad nie andersins nie, net die plesiertjie wat ek myself nou en dan gun, veral saam met Jose. Ek vermoed die Romeos en Juliettes is nie egtes nie maar namaaksels wat aan niks vermoedende toeriste in Havana verkwansel word, maar ek se niks nie, ‘n namaaksel van Kuba af is ‘n kosbare juweel vir my. My gunsteling is natuurlik ‘n Monte Cristo no 6.
Ek was in die oorlog in 1989, daardie jaar het die Kubane uit Angola padgegee en die SAW uit die destydse Suid wes teruggekruip na die gate waar ons vandaan gekom het, 3 SA infanterie voet soldaat Potchchefstroom kakplaas in my geval. Ironies nou rook ek n vredespypie saam met my eer tydse adversary. Nooit ‘n Kubaan oppie grens teegekom nie maar hulle het die Migs gevlieg wat lug superioriteit gehad het. Ek het gereeld moes dekking slaan holderste bolder bo van ‘n Buffel af as dit net lyk soos ‘n Mig in die lug.
Ek is maar polities naief en skaar myself nader aan die idealistiese en romantiese soort denke. Jose se Kuba hou ‘n soort bekoring vir my in, die musiek ( Kry n CD van die Buena Vista Social Club om te sien wat ek bedoel) die ou motors die gang van die lewe die latynse vrouens die sigare. Dit sou behoorlik naief wees om die Kommunisme te besing daarvoor is ek darem ook ‘n realis, tog hinder die westerse demokratiese ideale my soms. Die selfsugtige neiging tot hebsug, die individuele verontskuldiging en pligversuim van die staat teenoor werklike armoede en bevoordeling van die rykstes.
Jose is streng lojaal aan Castro en die Kubaanse revolusie en vertel van die lewe daar, mediese sorg en opvoeding vir almal. Daar is geen hopelose armoede nie, hoewel daar ook nie uiterse rykdom is nie. Daar is nie daklose hawelose mense nie. Die betreklike lae lewens standaard se minder van die revolusie se gebreke as die tiranie van sy Buurman die VSA wat alles doen om Kuba op sy kniee te dwing. Jose se uitgesprokenheid tref gesien dat hy tog duidelik die vrugte en voordeel van kapitalisme daagliks om hom ervaar hy is tog ‘n dokter en nie intelektueel blind nie? Yskaste en elektriese toebehore, algemene geriewe hier is uiterste luukshede daar in Kuba.
Dit is n prys om te betaal en Jose betaal sonder om te kla soos n ware seun van die revolusie. Hy betaal nog ‘n prys effens moeiliker. Hy wys my fotos van sy vrou en dogter. Sy hande bewe effens, die sigaar stompie in die vou van sy middel en wys vinger. Ek kan sien hy mis hulle. Hulle is in Kuba agter gelaat en mag hom nie vergesel na Suid Afrika nie.
Hulle is die staat se versekering dat hy sal terug gaan na sy geliefde Kuba.
Dit laat my terug dink aan wat ek gaan offer het daar in ‘n ander land. Wat is die beloning vir my jong seun onskuld? Waarom was ek in ‘n oorlog waarvan niemand praat nie of van weet nie, waarvan die helde nie vereer word nie en dooies nie onthou word nie?
Ek besef dit nou, vryheid, die vryheid wat Jose nie het nie.
La luta continua.


4 responses so far ↓
boerinballingskap // Oktober 12, 2007 at 12:47 nm |
Jy het goeie smaak in sigare!
Ek dink nie (soos algemeen aanvaar word) dat die oorlog in Angola verniet was nie. Op daardie stadium was daar steeds ‘n bedreiging, of mense dit nou wil weet of nie.
boerinballingskap // Oktober 12, 2007 at 12:53 nm |
Moes net hierdie artikel vir jou stuur!
http://www.mg.co.za/articlepage.aspx?area=/breaking_news/breaking_news__sport/&articleid=321760&referrer=RSS
Johan Swarts // Oktober 14, 2007 at 10:30 nm |
jierts
het jy al die kortverhaal “my kubaan” deur etienne van heerden gelees? (of was dit nou hy…shucks, nou’t ek heeltemal vergeet.)
chessalee // November 17, 2007 at 9:52 vm |
Hi Lougi…hier ‘n draai kom maak, ek hou van die inskrywing, maar ek rook nou nie! Hmf! Nou weet ek waar kom die rook (gas) vandaan wat jy my gee in ons skaak game!:)