Lewies se Kafee

episode 7- Binne die boesem van Afrikanerdom

Junie 12, 2007 · Lewer Kommentaar

  Deesdae is familie mos net met spesiale geleenthede bymekaar. Ons leef so n gejaagde lewe Ma en Pa maak kinders groot dit is net hiernatoe en daarna toe met die klein eiewyse snotneuse met hulle mixit goeters. Daars nie tyd vir families meer om sommer net by die deur in te val nie. Nee jy moet n afspraak maak of ons email mekaar mos deesdae. Dan is daar nog die tweede Groot trek van onse Afrikaners Met die Afrikaanse diaspora is ons omtrent nes n klomp dwalende Jode die hele wereld vol. Ek het kwansuis n nefie in Kanada, in London en een in Australie orals. Ek kuier graag met die familie, die ooms en tantes was nog altyd ‘n goeie bron vir ‘n lekker storie. Behalwe nou vir die nefie met die mullet van Germiston wat tydig en ontydig hier toesak vir sy jaarlikse holiday by die see. Met Laksmi se familie is dit bietjie anders nee dit lyk kompleet soos family gathering elke dag jy weet nie wies wies se kinders nie. Ons sien mekaar deesdae net tydens troues en begrafnisse, soos my Ouma altyd gese het nee dit was n lekker begrafnis lekker eetgoed en ek kon darem weer vir almal in die familie sien. Toe die skinner nuus natuurlik begin loop van Luigi met die nuwe “Indian nogal” girlfriend kon ek maar net by myself dink die nuuskierigheid en gepraat onder die familie. Kyk dit het nie lank gevat vir Mama om Laksmi te aanvaar nie daar was n sekere kultuur blindheid daaromtrent seker oor vansmelewe se Italianer(my Oupa) en Ouma die familie bietjie sag gemaak het vir volks vreemde invloede. Die ding gebeur toe mos so dat daar die een jaar toe ek en Laksmi toe nou al so jaar of so in sonde saam gelewe en geniet het. Dat ‘n vreeslike groot family gathering gereel word met ouma se 80ste verjaarsdag en die geleentheid homself voordoen om nou einde ten laas vir Laksmi aan die hele familie voor te stel. Laksmi was maar bietjie angstig oor die klomp boere bymekaar maar ek se vir haar man eintlik is daar net twee mense waarvoor jy op die uitkyk moet wees. Dis nou die twee aangetroude skoon susters van Pa se kant af. Magriet en Mara. Ek het vir Laksmi gese nee kyk as jy nou Mara se goedkeuring wegdra dan is jy nou so te se onvoorwaardelik in die boesem in die poorte van die Afrikanerdom toegelaat. En Magriet gaan jou corner jou sit maak en diep in die oe kyk “Nou vertel my nou eers bietjie..” Met die gaan sy jou hele geskiedenis uitklaar. Tannie Mara is afkomstig van die Afrikaner adelstand direkte familie van stigters van die dopper kerk dis nou die Gereformeerde kerk soos ek altyd se sy het nou die dop in dopper gesit. Van Potchefstroom af die dopper hemel waar haar Pa hoge professor is in wysbegeerte of so iets. Haar mening oor ordentlikheid en beskaafdheid sluit nie my nefie met die mullet in nie nee dit en die new age Tante Magriet is heel buite haar sensitieweteite. As Tant Mara  haar bors so uitstoot en haar kop so skeef draai wenkbroue gelig en sy gee jou so n kyk moet jy maar weet jy het nou n onvergeeflike faux pas gemaak  of velskoene by n pak klere of om n engelse word in ‘n sin te laat glip.  Nou die ding tussen Mara en Magriet het gekom met die dansery kyk die doppers mag mos nie dans nie dis teen die skrif.  Hulle se mos hoekom het die doppers nie seks in n regop staande posissie mag he nie want dit kan aanleiding gee tot dans. Maar nou ja blykbaar op my niggie se se troue se het die ander skoonsuster bietjie uitgehak Mara se man gegryp en hom gejive en ge two step hy moes net klou Mara het so afkeurenswaardig kyk gegee het na die affere en ou Willem aan die arm gepluk met die verby op die dans vloer die vuur spoeg uit haar ogies. “Dit is onbehoorlik Magriet heeltemal verregaande hoe gedra jy jou so met my man” het sy gestotter. Dis toe dat Magriet vir haar gese het Mara moet nie daar staan soos n sedige kerk orrelis wat skelm die koster in die donker knyp nie. Sy wat Magriet is weet al haar wat Mara is se streke. Met die gryp my neef met die mullet van Germiston vir ou Mara styf om die lyf en tol met haar n wals om daardie dansvloer, nee jy het nog nooit weer so ‘n verontregte dopper gesien nie. Ek is nie seker of ek my verbeel het nie maar ek wou se ek sien elke keer as Mara so ‘n draai vang asof haar mond hoeke so n smile trek van lekker kry.

Kategorië Uncategorized

0 responses so far ↓

  • There are no comments yet...Kick things off by filling out the form below.

Lewer Kommentaar