Lewies se Kafee

episode 6 – Frikkie Wolraad se doop stories

Junie 11, 2007 · Lewer Kommentaar

Die meeste lunch time customers het al geloop. Ek kom sit nou net om ‘n blaaskansie te vat terwyl die winter sonnetjie nog lekker skyn. Frikkie Wolraad het nou net sy aflewering groentejies agter afgelaai, Mama volg hom en gee kom nie kans om eers behoorlik te sit nie voordat sy hom vreeslik die Leviete begin voor lees. Dis nou kwansuis oor sy smaaklose tamaties, die wat ou Frik in tonnels groei op sy plasie. “Julle pluk die goed groen nou smaak dit soos niks, dit het son nodig, ons vader van bo se son” sê Mama ek ken ou Frikkie nou al n lang tyd mekaar eers raak gedrink daar by die Hotel, hy het later vir my paving gedoen en so en toe ek Café Luigi begin het was hy die man wat die uitbreek en bouery gedoen het. Destyds het ou Frikkie net so n ou vrot geroesde bakkie op sy naam gehad. Hy het wol gesmous uit die ou Transkei, flenters wol orals by die krale gekoop en dan weer hier aan die middel manne verkoop. Hy het altyd erg protesteer as ek gesê het hy smous eintlik dagga daaruit die Transkei uit. “Nooit nie Luigi ek sal nie eens weet dis dagga nie al sit ek onder n dagga boom” Sê hy “Juis, juis “ antwoord ekNou Frikkie is nou soos ek hom noem die nuwe soort Afrikaner, Ons wit ouens wat maar moet skrop om ‘n lewe te maak met BEE en affirmative action en goed. Maar eintlik is ons ‘n guns gedoen sê Frikkie deesdae sê hy ,hy skop net gat maak geld en skuld niemand niks. “Gee my n bakkie en paar planke en blou draad en die wêreld is reg”, dis Frikkie se koningkryk. Hy het later n garden service begin en paint jobs en bou jobs en handy man jobs gedoen. “Your handy Husband” was sy logo op ‘n tyd.“Hoeveel huisvroutjies vandag geservice Frikkie?” het ons hom altyd geterg.Hy het later n klein plasie kon koop en smous nou groente wat hy in tonnels kweek, kamtig organic. “Organic, se voet” sê ek “Jys besig met ‘n gedagga kwekery daar” hy het kwansuis nou die dag ‘n nuwe 4X4 gekoop. Soos hulle sê, n Boer maak ‘n plan. Toe die squatters daar langs sy plek begin nes skop toe begin hy mos n spaza shop en shebeen, min gespin, hy het sommer die community ge organise en en vir Thabo gekry om ‘n committee te stig se hy is alles onder beheer en vorder hy sommer rent ook, die community jaag al die kwaad doeners en ander squatters weg. “adapt or die” se Frikman so ewe. Frikkie se tweede naam is nie sy bynaam van die wol besigheid se dae af nie, nee dit is sy regte tweede doop naam. Die ding kom so van sy Pa se kant af, Frikkie se Pa het sy name gedurende die vurige Nasionalisme van die laat dertigs gekry met die eeu fees vierings en die opening van die Voortrekker monument. Frikkie se Pa is gedoop Koos Kakebeenwa Delport nou hy het die tradisie voortgesit en sy kinders na die helde van die volk vernoem. Die dat Frikkie se suster heet, Hester Rageltjie De beer Delport, en sy broer , Albertus Piet Retief Delport, Frikkie is toe geseend met die name Frederik Wolraad Woltemade Delport. Frikkie se Pa se vurige Nasionalisme het plek gemaak by Frikkie vir sy blindelinge ondersteuning van die Blou Bulle, kyk tipies Nasionalis is dit bykans on christeliks in Frikkie se oe om enige ander span te ondersteun. “Ou Freek “vra ek toe mos vir Frikkie nou wat hy sy eersteling gaan noem, Anna sy vrou is toe seker so n week of twee van kraam af. “Koos” se hy toe vir my, “soos my oupa se name”

“Jakobus Frik Du Preez Delport

Kategorië Uncategorized

0 responses so far ↓

  • There are no comments yet...Kick things off by filling out the form below.

Lewer Kommentaar