Ek was nog die ander dag besig om te vertel wat anleiding gegee het dat skoonma so moleste op my voorstoep kom maak het. Kyk die ding het mos nou begin toe ek en Laksmi mekaar nog ge date het en die liefde soos warm kole op ‘n herfs aand braaivleis vuur gegloei het in die boerseun se hart. Die liefde het gespoel soos ‘n rivier wat n stof droe vrystaat plaasdam bereik en wat volloop en oorloop soek. Ek kyk in daardie donker bruin oe en die boerseun se bloed pomp warm en sy knie word lam soos n skrum wat in sak. Ek en Laksmi doen ‘n halwe macarena op die tune van “Afrikaners is plesierig” ala bollywood skouspel en die boerseun weet hy het sy suikerbossie gevind.Ek is daar by skoonma se huis om Laksmi te kom oplaai vir n date, movies of so. Ek kan sien Skoonma is ontsteld en is vreeslik besig en trippel rond. Hou Laksmi vreeslik besig. “Mother please I am going now, I am not sitting here and aunty Meera is not escorting me” se Laksmi“You can’t go out without a sari “ se Skoonma.“Mother what is this I am not wearing a sari. I am not going to temple or something whats going on.” Se Laksmi.“Oooh my daughter.. my daughter” kerm skoonma Ek wag maar geduldig op die stoep en skop bal met al Laksmi se boeties en couusins , Manchester united territory sien ek. ‘n Paar latte het die manchester hempies aan. Haar oudste broer kom daar aan Howzit,bru whats happening hey ?Ek wag vir Laksmi se ek “Be warned my brother” se hy“ I think something is cooking, Ma has been acting up all day yesterday cleaning house went to the temple and all.” He is laughing, looking at me “No man tell me what’s up” vra ek, ek word nou lekker bekommerd.Dis net toe dat daar so n stoet stok ou Mercs twee wittes en een met so retro yellow cream color in die straat op kom. Hulle stop op n ry voor Skoon ma se huis.Ek sien die Durban number plates. Ek dog eers is dit n verdwaalde wedding prosesion of iets. Uit die voorste Merc klim wat soos die man of the moment lyk die groom dog ek net ene smiles. So kort kerel met ‘n klein ronde boep wat hy so uitstoot. Die driver duidelik die pa ook net smiles gesuit en getie, die groom so terug gekamde elvis bruyle cream hairstyle. Die middelste motor het nog so paar gesuit en gecollarde manne en die laaste motor net aunties dit lyk soos ‘n karnaval in Bombay van al die sari wat daaruit klim geles, rooies, bloues en groenes sien ek is die gewildste. Dit blink en skitter van al die bangles en bindis en belly rings en nose en toe rings, dots oppie voorkoppe ek dog kompleet ek is in n Bollywood movie. Nee sien dit was toe mos die Naidoos van Durban op uitnodiging van Skoonma. Ek het my toe maar uit die voete gemaak. Toe die liefde tussen my en Laksmi begin blom het Skoonma alles probeer om n stokkie voor die verhouding te steek. In haar hart was daar iewers n good Indian husband vir Laksmi en sy was natuurlik erg bekommer oor die family se honour en dat nie een van laksmi se sussies n husband gaan kry nie. VG Naidoo was n bachelor en Skoonma het goed gedink dalk as Laksmi nou vir VG ontmoet dan sal sy dalk soos skoonma se “She will see the error in her ways “Maar laksmi is ‘n independent strong woman of the world met n eie wyse streep. A degree in political science en journalism van Rhodes, n bietjie van ‘n klien fyn feminis wat haar nie laat voorskryf nie eens haar ma nie. Die episode was blykbaar ‘n vreeslike Bollywood horror show as daar so n genre is. Soos Laksmi verontwaardig was oor dat haar Ma dit nou kon doen, Natuurlik was die Naidoos net so ontwaardig oor die duidelike afkeur van arme ou VG wat mistroostig net daar gesit het die smiles nou so n hang gesig uitdrukking van verwerping. Ek glo as mens half pad Kaap toe gery het vanaf Durban ek ook maar bietjie moerig sou gewees het.Ewenwel dit is hoe dit gekom het dat Laksmi toe tasse gepak daar by my voorstoep aan geland het. Haar broer het haar hom aflaai.Hy knip oog net vir vir my en se “Lekka bru, welcome in da family” die beat doef doef so uit sy plat op die grond low suspension BMW.Dit was die blyste dag in die boerseun se lewe en hy het Laksmi lank vasgehou.Maar my broek het ook maar gebewe want wat nou, so ek altyd se “Hier kom nou vir jou n ding”


0 responses so far ↓
There are no comments yet...Kick things off by filling out the form below.