Lewies se Kafee

My Pa en daardie boek van Mr Pirsig

April 27, 2008 · 5 Kommentaar

Ek lees almal blog oor 8 goeters. 8 boeke meer as een keer gelees ens. Boeke is ‘n groot deel van my lewe en ek het seker al baie honderde gelees en ‘n groot chunk van die Afrikaanse oevre heelwat daarvan twee keer gelees.  Dit laat my toe een van my baie ou blogge iewers te gaan uitkrap en probeer vertaal. Hier is dit;

 Ons het sekerlik almal as jy dit nog nie self gelees het nie al die ten minste Mr. Pirsig se boek se titel iewers raak geloop, “Zen and the art of motorcycle maintenance”

Nou Mr Pirsig se boek is seker die een wat ek al ‘n honderd keer  gelees het, maar nog nooit klaar gemaak het nie. Daar is ware juwele in die boek en daar is ook lang dele waar Mr Pirsig heeltemal verval in sy eie pretensieuse ego trippie en filosofiese argumente oor kwaliteit en goed. Skip daardie dele by all means ek weet watter dele ek van hou en dit is die motorbike trip dele.

 Verder het ek maar die Ingels gelos soos dit was

 On the first page of the book,Mr Pirsig described a scene of a Father and his son touring somewhere in the USA on a motorcycle. I am immediately transferred to my own relationship with my Dad. He described the feeling of sitting on a motorcycle so precise and with so little description it is amazing.

 From Mr Pirsig’s book page one;”

“I feel as if the engine is purring underneath me and I can tell the time by just looking at my wrist, the wind rushing past  ahead of me I see the open and then … a flock of birds.”

 

I whack Chris’s knee and point to it.

“What!” he hollers.

“Blackbird!”

He says something I don’t hear.”What?” I holler back.

He grabs the back of my helmet and hollers up, “I’ve seen lots of those, Dad!”

“Oh!” I holler back. Then I nod. At age eleven you don’t get very impressed with red-winged blackbirds.

You have to get older for that. …….”

My Dad died in 1982, I was 17 years old and for a long time was angry at him and blamed him, saying he never talked to me or that we never had a single conversation that I could remember etc. I was angry that he was gone and that we missed the opportunity of a deeper relationship.

 Then later in life I realised like the son in Mr Pirsig’s book, my Dad also pointed out the Blackbirds to me. He was the one who taught me to be a gentleman and respect my Mother and women above all. He instiled pride in me and who contrary to the nationalist mentality of many of his peers  was progressive and taught me respect and acceptance of all people. He taught me what it is to take responsibility and work hard and in the manner how he took care of his family.

 I was the son who hollered back ” I have seen many of those, dad” I just never then took notice, immersed in my own important little world.

 Today  I miss you Dad,  and I want to say thanks for showing me the black birds. It did stick to me, I am trying to be like you although it is not easy. I am not as brave as you were.

 

→ 5 KommentaarKategorië Uncategorized

Digterlike vryheid

Januarie 30, 2008 · 6 Kommentaar

WB yeats

 

 William Butler Yeats

 

Ek het al my gedigte geskuif na ‘n anner plekkie 

 

Ek pleeg soms ‘n gedig moet ek beken. So daar het u dit. Eks uit die digkas. In my vrye tyd maak ek rympies. (Soms pas ek die FAK liedjies bietjie aan ,stouterig, die goed  leen hulself net daartoe ek kannie helpie).

-

Poetry (from the Greek “ποίησις”, poiesis, a “making” or “creating”) is a form of art in which language is used for its aesthetic and evocative qualities in addition to, or in lieu of, its ostensible meaning. Poetry may be written independently, as discrete poems, or may occur in conjunction with other arts, as in poetic drama, hymns or lyrics. http://en.wikipedia.org/wiki/Poetry

-

As ek dig dink ek aan myself as besig om te skilder. Daarom dig ek baie visueel, beskrywend ook verhalend. Ek wil he die leser moet sien en beleef wat ek dig.Die digkuns is ook iets wat ek doen vir die tegniese challenge daarvan, amper  brein oefeningtjies kan jy maar se. Ek is nie volk bevok nie maar my taal is my mooiste taal . Elke dag is ek oorswelg met ander se taal daarom soos ek se in die gedig; Gedig

Ek dig sommer ‘n gedig

om myself te herhinner om te droom

In die taal van my gedig.

Ek kon nog nooit my verlange na die plaas innie oos Vrystaat beter uitdruk as wat WB Yeats se gedig dit vir my verbeeld nie. Al wat ek kon doen was om dit te ver Afrikaans. Hoe vergelyk my geleende poging teenoor die groot Ier se oorspronklike en se vir my Afrikaans kan nie sy man staan nie.

Skulp spruit innie Vrystaat

Ek sal maar aanstaltes maak en gaan, gaan na die plaas inni Vrystaat

en daar vir my ‘n klein hartbees huisie bou met mis vloer en populier

nege rye boontjies sal ek laat rank (organies) en ‘n hok vir die ganse he

en ek sal alleen daar bly met net die ritsel van die rooigras geluid.

.

En ek sal rustig word daar en die siele vrede vind wat stadig neerdaal

Soos dou druppels perel oor jou aangesig in die smorens mis

En die nanag se glinster sterre en die maanlig purpur gloed

En die vroee skemer kalmte by die kuil net naalde kokers vlerke ghirts en die geelvis rimpels maak.

.

Ek sal maar aanstaltes maak en gaan , want elke daggen nag

hoor ek die spruit stroompies kabbel oor die klippe

hier waar ek staan langs die teer strate en die beton grys

hoor ek dit hier in my hart se diepste binneste druis

Vrylik geleen van (The lake isle of Innisfree) WB Yeates

The lake Isle of Innisfree  (WB Yeats)

I will arise and go now, and go to Innisfree,

And a small cabin built there, of clay and wattles made;

Nine bean-rows will I have there, a hive for the honey-bee,

And livealone in the bee loud glade.

.

And I shall have some peace there, for peace comes

dropping slow,

Dropping from the veils of the morning to where the cricket

Sings;

There midnight’s all a glimmer, and noon a purple glow,

And evening full of the linnet’s wings.

.

I will arise and go now, for always night and day

I hear lake water lapping with low sounds by the shore;

While I stand on the roadway, or on pavements grey,

I hear it in the deep heart’s core.

 

→ 6 KommentaarKategorië Gedigte

episode 11 – My Kubaan

Oktober 12, 2007 · 4 Kommentaar

My dokters vriend van Kuba , Jose ( Goosen sonder die “N)” soos ‘n instelling kom lewer jaarliks terug van sy vakansie uit Kuba plegtig ‘n pakkie hier by Café Luigi af en dan kuier ons tot laat hier op die straat stoep. Dit bevat Kuba se mees bekende uitvoer produk ,sigare, ‘n paar Romeo en Juliette en so bondeltjie van sy plaaslike omgewing se geroldes, so op die dye van ‘n jonge latynse dame. 

Die rokery is natuurlik ‘n vreeslike sonde. Ek vertroetel eers die sigaar voel die perkament van die blare die stewigheid van die rol tussen my vingers, neem die kleur skakerings in wat wissel soms ligte toffee bruin tot ‘n donker ebony van sommige soorte, ruik aan hom sit hom eenkant neer. Tel hom weer op eers so half pad deur my agter middag glas cabernet dan proe – proe ek hom so eers tussen my lippe voordat ek met die ritueel begin om die punt te knip en hom aan die brand te puff. Jose haal sommer so n half gerookte stukkie sigaar uit sy koker en steek hom aan. Niks verkeerd om die sigaar dood te druk en later te rook nie. Jose soos ‘n regte sigaar affinado teug diep behaaglike trekke en laat die rook stadig uit wolk. Ek gee net sulke kort vlak teue. Ek rook glad nie andersins nie, net die plesiertjie wat ek myself nou en dan gun, veral saam met Jose. Ek vermoed die Romeos en Juliettes is nie egtes nie maar namaaksels wat aan niks vermoedende toeriste in Havana verkwansel word, maar ek se niks nie, ‘n namaaksel van Kuba af is ‘n kosbare juweel vir my. My gunsteling is natuurlik ‘n Monte Cristo no 6.  

Ek was in die oorlog in 1989, daardie jaar het die Kubane uit Angola padgegee en die SAW uit die destydse Suid wes teruggekruip na die gate waar ons vandaan gekom het,   3 SA infanterie voet soldaat Potchchefstroom kakplaas in my geval. Ironies nou rook ek n vredespypie  saam met my eer tydse adversary. Nooit ‘n Kubaan oppie grens teegekom nie maar hulle het die Migs gevlieg wat lug superioriteit gehad het.  Ek het gereeld moes dekking slaan holderste bolder bo van ‘n Buffel af as dit net lyk soos ‘n Mig in die lug. 

Ek is maar polities naief en skaar myself nader aan die idealistiese en romantiese soort denke. Jose se Kuba hou ‘n soort bekoring vir my in, die musiek ( Kry n CD van die Buena Vista Social Club om te sien wat ek bedoel) die ou motors die gang van die lewe die latynse vrouens die sigare. Dit sou behoorlik naief wees om die Kommunisme te besing daarvoor is ek darem ook ‘n realis, tog hinder die westerse demokratiese ideale my soms. Die selfsugtige neiging tot hebsug, die individuele verontskuldiging en pligversuim van die staat teenoor werklike armoede en bevoordeling van die rykstes. 

Jose is streng lojaal aan Castro en die Kubaanse revolusie en vertel van die lewe daar, mediese sorg en opvoeding vir almal. Daar is geen hopelose armoede nie, hoewel daar ook nie uiterse rykdom is nie. Daar is nie daklose hawelose mense nie. Die betreklike lae lewens standaard se minder van die revolusie se gebreke as die tiranie van sy Buurman die VSA wat alles doen om Kuba op sy kniee te dwing. Jose se uitgesprokenheid tref gesien dat hy tog duidelik die vrugte en voordeel van kapitalisme daagliks om hom ervaar hy is tog ‘n dokter en nie intelektueel blind nie? Yskaste en elektriese toebehore, algemene geriewe hier is uiterste luukshede daar in Kuba. 

Dit is n prys om te betaal en Jose betaal sonder om te kla soos n ware seun van die revolusie. Hy betaal nog ‘n prys effens moeiliker.  Hy wys my fotos van sy vrou en dogter. Sy hande bewe effens, die sigaar stompie in die vou van sy middel en wys vinger. Ek kan sien hy mis hulle. Hulle is in Kuba agter gelaat en mag hom nie vergesel na Suid Afrika nie. 

 Hulle is die staat se versekering dat hy sal terug gaan na sy geliefde Kuba.  

Dit laat my terug dink aan wat ek gaan offer het daar in ‘n ander land. Wat is die beloning vir my jong seun onskuld? Waarom was ek in ‘n oorlog waarvan niemand praat nie of van weet nie, waarvan die helde nie vereer word nie en dooies nie onthou word nie?  

Ek besef dit nou, vryheid, die vryheid wat Jose nie het nie.

La luta continua.  

→ 4 KommentaarKategorië Uncategorized

episode 10 – Plaas toe

Junie 26, 2007 · Lewer Kommentaar

Three years ago I took my Laksmi to the farm, although we have done the trip a couple of times since including flying there that first trip always stays with me.June 2004 Last weekend we drove through the eastern Free State. The veldt so stark, so so dead in winter so different from the evergreen of our coast. In the distance from the R26 you could see the Maluti mountains. From Ladybrand the majestic golden sandstone rock cliffs of the mountains. Ladybrand a town so different from the other plattelandse dorpies. A tolerance fostered through a hundred years of living next to our Lesotho neighbours and Maseru .Onto Ficksburg. I told you how the cherries blossom all along the road in spring, now they were only naked branches. But you could see the buds on them even while passing in the car. Promises of pink, promises of Spring. Asparagus, I told you how they grow asparagus here. Rows of heaped up sand.Clocolan, Hobhouse, Smithfield, Ficksburg, Fouriesburg. In Smithfield Laksmi bought a box full of Mediterranean style preserves, Mushrooms, dried tomatoes Harrisa paste. A group of black women sold hand made pottery. They were sitting in a circle, waiting for a sale, playing cards. How amusing funny I found it that they were using a deck of cards, each card a different picture of big breasted topless blond women.Clarens. Clarens oh my Clarens. How could you let your soul be invaded by overworked Jo burg weekenders that came to buy your little small sandstone houses. How could you let the art dealers pock marked you with their grand ateliers. Wasn’t the quiet the loneliness the tranquillity you had when I first saw you, not good enough for you. So you desecrated your heart with restaurateurs and coffee shop owners, retired bankers and wannabe artist. My Clarens is now a monstrosity of a flee market filled with second grade kitch craft and over priced art.Bethlehem, Tweeling and then it was already dark. The turnoff to the farm doesn’t have proper signage. So we drove slowly looking for the turnoff. The night is freezing even with no wind our nose tips and ears are cold.My mum hug me and you, Laksmi. The joy of seeing us. You are so fortunate to have your family so close to you. I sometimes feel so sorry for her, my mom seeing so little of me and my sister far away there in London. Going for her fourth year now. Every year she says this year I am coming back but every year is one more.Strange how this trip was a sort of a home coming for me. I travelled this route many times before but maybe because I brought you with I was more aware of everything, maybe I was also looking with your eyes. What would interest you, what is interesting? To the many places I have been before and it was only me and nobody to share the experience it is only half a memory and quickly fade. Now every sight is sharpened as if I see it with two pairs of eyes.Memories are like that too. What can I tell you about my life here, what memories would entertain which ones would give you a window into my soul. So I dig up the memories too. Telling you where I came from.I did not grow up on the farm. I grow up in the eighties in Sasolburg, an industrial town just inside the Free state along the Vaal river. Ralf Rabe, Johannes Kerkorrel as most now know him went to the same High school as me. We lived middle class lives. A stone throw from Sharpeville. How unknown the struggle was, how distant somewhere. Slovo, Govan and Mandela was only names of whom I did not see a photo until possibly many years later. Indians could not stay in the Free State and only had shops across the Vaal in Vereeniging. Blacks were somewhere in the townships and only the maids and gardeners with dompass venture into our clean suburbs, fenceless with wide open green lawns.My parents retired on the family farm, the same land now in the hands of the sixth generation. Now that I lost most of my jungen angst the farm life is actually very appealing. I think it lost the connotation it had for me of being “boer” and “boorish”. I suppose that vryburger blood stil flow in my veins. Ironically my Mother who married my Father on condition that he promise that they will never farm (I think my mother had enough of a life of dependence on the rains from above, drought and poverty) today she continue the farm on her retirement. As did my Grandmother before her and as my sister probably will after her even though I am the oldest son. An unique maternal linage. I showed you all the old photos of my ancestors, we walked amongst their graves. The Dutch bible with all the names written in the geslags register. We sit in front of the Kaggel vuur till late and the plank vloere kraak all the way to the groot kamer where we got under a pile of real egte dons komberse made by my ouma nog. Lying there and listen to the noises of the big old farmhouse settling in. Die volgende dag spierwit dou op die gras en hanslammertjies wat melk kry stamp stamp so met hul nat snoete teen jou. Jou vrolike lag en opgewondenheid. Pa gaan wys ons die Nguni ’s wat hy gekoop het, die bulletjies sulke gespikkelde goed sproete oor hul velle. Die bakkie skud en stamp oor die veld en die honde hardloop ver agterna.Hoe lekker gesels jy en Ma albei sukkel sukkel oor die taal grens bietjie gebroke afrikaans en ingels.Then the farewell tears glisten close in my Mum’s eyes a stewige handruk van Pa. “Moeinie die karmenaatjie vergeet nie” se Ma Weet enige iemand nog van die oudste word wat dit beteken? Skaapboud gevries en dik toegedraai in koerant papier vind plek tussen al ons bagasie en jou flesse inmaak goed van Ma kwepers, pere, rooi kweper jellie. Die lang pad terug Kaap toe.So it was that I took my Laksmi to the farm to show her of where I came from only to re-discover some of it myself to.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

episode 9 – Die wiel draai

Junie 24, 2007 · 2 Kommentaar

 My Ouma het altyd gesê die wiel draai   verwysende na elke hond kry sy dag, maar veral verwysende na die gebeurtenisse wat gevolg het lank na die totale verwoesting en armoede na die Boere oorlog of soos dit amptelik bekend is ,die South African War 1899 -1902. Die bure op die buurplaas was hanskakies wat saam met die Engelse gewerk het hul vee en plaas behou en natuurlik hulself oppurtunisties verder verryk het uit die armoede en hopeloosheid waarin hul mede mens en ook my ouma hulle hulself bevind het. Dit was natuurlik nie ongewoon nie, teen die einde van die oorlog was bykans die helfte boere hensoppers of hanskakies. (sien Boer War Thomas Pakenham). Ouma hulle was slagoffers van die Engelse se verskroeide aarde beleid en het my ouma maar oor vertel hoe haar ma en ouma en kinders net kans gegee is om alles wat hulle kon op ‘n wa te laai en die woning toe summier afgebrand was. Sy het ook vertel hoe haar ouma daarna, die eerste ding wat sy gedoen het was om met ‘n stok in die swart as die buite lyne te trek van wat sy gesê het die skool vir die kinders moet wees. Of dit bepaald presies dieselfde gebou was wat Ouma grootje voorsien het weet ek nou nie maar die klip geboutjie wat die plaas skooltjie geword het, het vir baie jare stewig op die rand afge êts gestaan as ‘n monument vir die baie kinders wat daar skool gegaan het. My moeder en haar broers was hier onderrig totdat hulle standard ses na die dorp skool en koshuis toe gegaan het tot en met die middel vyftiger jare. Twee onderwysers en al die standerds bymekaar. Ek kon nooit ‘n haat of wrok in my ouma bespeur nie. Die bure was soos enige van die ander bure behandel. Ek dink net daar is maar agter toe deure gefluister. Engelsman en Boer is later versoen. Kinders moet gesien word en nie gehoor word nie en so het die geskiedenis later maar vervaag. Die wiel draai storie kom daarvan dat alhoewel dit selfs tydens die veertiger jare baie swaar en armoedig gegaan het. Al ouma se kinders en die van haar broers se kinders wat daar op die plaas skooltjie skool gegaan het, dokters, professors, prokureurs en onderwysers geword het. Vandag is haar een seun ‘n baie nederige maar seker die mees vooruitstrewende moderne boer in die distrik. Die bure is soort van uitgesterf, die plaas is bankrot geboer met allerhande snaakse vinnig rykword planne. Die nageslag was nooit danig slim nie. Die laaste van hulle wat ek nog van gehoor het was ou “J….” ‘n Maltrap grapmaker nou nie heeltemal die village idiot nie maar ook nie vreeslik slim nie, hy het laas ‘n R5 crazy shop bedryf, ‘n winkel waar alles R5 gekos het  en waarvan my ma gese het sy sal maar liewerster sonder so R5 plastiek bakkie tjie klaarkom. Hy het in ‘n piramiede skema betrokke geraak en toe lank skoonveld verdwyn. Hy is toe eendag jare later alleen in ‘n mielie land dood verongeluk gekry, ‘n boer het toevallig op hom afgekom daar alleen. Almal het gewonder waarom ou “J..” terug ge kom het en dan ook om net hier te verongeluk voor iemand hom kon vra waar hy was. Soos my ouma altyd gesê het die wiel draai ….baie stadig maar seker. 

→ 2 KommentaarKategorië Uncategorized

episode 8 – Kuiertjie innie dogbox

Junie 14, 2007 · 2 Kommentaar

EK wonder nog wat is dit so stil hier by die restaurant vandag toe maak Thabo sy verskyning.“Praat van die Duiwel “sê ek.“ Early so on a Wednesday nogal, still striking or missed your golf appointment?”Thabo is mos wat hulle noem ‘n black diamond die nuwe black middle class, Woensdae word Golf gespeel waarna hulle natuurlik by die 19 de putjie kuier heel ongewoon dat Thabo hiernatoe kom op n Woensdag. “No, not actually just lying low for safety concerns you see, the strikers is an unruly lot, I am management not part of the strike.” “Kak man jy strike elke woensdag” sê ek vir hom. “Nye ek network it’s networking.“Ek het sympathy met die workers sê ek vir Thabo dis julle fat cat capitaliste wat die mense kwaad maak gravy train but no delivery.”“Nee man Luigi moenie sulke goed sê nie “sê ThaboThabo kla weer steen en been oor die lobola storie, en kan sien dit pla die man maar ek weet dit is eerder die Merc “Toni yengeni” pikswart model se paaimente wat druk as die lobola wat nog moet betaal word. Die twee famialies is hoekig haaks oor die ge lobola betalery Lindiwe het die naweek sak en pak terug getrek na haar Ma toe.“Is it about the Lobola” vra ek “No” answer Thabo “I don’t know what’s wrong, I am in the dog box that’s all, you know I don’t understand women.”Eintlk het Thabo nou laas Vrydag lekker hierso gekuier en toe sy pêlle opgedaag het nog lekkerder aangegaan en toe n paar floozies ook opdaag toe is hulle daar oorkant toe na Mama Afrika. Toe ek hier teen middernag toesluit toe sien ek Mr Thabo uitwals met ‘n rokdraêr aan elke sy.Ek het darem altyd Mama en skoonma om my in die regte rigting te stuur so dit help want n man kan maar lomp wees met die dinge van ‘n vrou se hart.Ek en my liefie Laksmitjie het ook al ons dingetjies gehad. Al ‘n paar keer moes ek haar daar van Skoonma gaan terug soebat het. Die verlangende boerseun selfs so ver gegaan as om O ryperd en  Pampoen liedjie met n paar volkspele passies ala bollywood te dans en sing om haar hart terug te wen.“ I don’t know what to do, she doesn’t answer the phone, her Mother is yelling at me and I am staying away from her Father he is going to chase me with a knop kierie”“Ai Luigi I am scared she doesn’t come back”“Ja ‘n vrou se hart sal ons nooit verstaan nie Thabo” sê ek Vat nou maar vir Laksmi. Vat nou die dag ses honderd rand uit die till want daars mos die 50% Sale by Edgars en sy moet die paar skoene hê. Sy kom toe terug met 2 pare skoene. Ek sê toe “en nou  ?” Ja sê sy The shoes was only R300, 50% off,  so I bought two pairs.” But then you did not safe anything I said”  “Ai ai “ sug Thabo weer “Jy moet haar gaan haal, Thabo” sê ek “Dit is die hele ding, Gaan haal haar. En sê jy’s sorry.”

→ 2 KommentaarKategorië Uncategorized

episode 7- Binne die boesem van Afrikanerdom

Junie 12, 2007 · Lewer Kommentaar

  Deesdae is familie mos net met spesiale geleenthede bymekaar. Ons leef so n gejaagde lewe Ma en Pa maak kinders groot dit is net hiernatoe en daarna toe met die klein eiewyse snotneuse met hulle mixit goeters. Daars nie tyd vir families meer om sommer net by die deur in te val nie. Nee jy moet n afspraak maak of ons email mekaar mos deesdae. Dan is daar nog die tweede Groot trek van onse Afrikaners Met die Afrikaanse diaspora is ons omtrent nes n klomp dwalende Jode die hele wereld vol. Ek het kwansuis n nefie in Kanada, in London en een in Australie orals. Ek kuier graag met die familie, die ooms en tantes was nog altyd ‘n goeie bron vir ‘n lekker storie. Behalwe nou vir die nefie met die mullet van Germiston wat tydig en ontydig hier toesak vir sy jaarlikse holiday by die see. Met Laksmi se familie is dit bietjie anders nee dit lyk kompleet soos family gathering elke dag jy weet nie wies wies se kinders nie. Ons sien mekaar deesdae net tydens troues en begrafnisse, soos my Ouma altyd gese het nee dit was n lekker begrafnis lekker eetgoed en ek kon darem weer vir almal in die familie sien. Toe die skinner nuus natuurlik begin loop van Luigi met die nuwe “Indian nogal” girlfriend kon ek maar net by myself dink die nuuskierigheid en gepraat onder die familie. Kyk dit het nie lank gevat vir Mama om Laksmi te aanvaar nie daar was n sekere kultuur blindheid daaromtrent seker oor vansmelewe se Italianer(my Oupa) en Ouma die familie bietjie sag gemaak het vir volks vreemde invloede. Die ding gebeur toe mos so dat daar die een jaar toe ek en Laksmi toe nou al so jaar of so in sonde saam gelewe en geniet het. Dat ‘n vreeslike groot family gathering gereel word met ouma se 80ste verjaarsdag en die geleentheid homself voordoen om nou einde ten laas vir Laksmi aan die hele familie voor te stel. Laksmi was maar bietjie angstig oor die klomp boere bymekaar maar ek se vir haar man eintlik is daar net twee mense waarvoor jy op die uitkyk moet wees. Dis nou die twee aangetroude skoon susters van Pa se kant af. Magriet en Mara. Ek het vir Laksmi gese nee kyk as jy nou Mara se goedkeuring wegdra dan is jy nou so te se onvoorwaardelik in die boesem in die poorte van die Afrikanerdom toegelaat. En Magriet gaan jou corner jou sit maak en diep in die oe kyk “Nou vertel my nou eers bietjie..” Met die gaan sy jou hele geskiedenis uitklaar. Tannie Mara is afkomstig van die Afrikaner adelstand direkte familie van stigters van die dopper kerk dis nou die Gereformeerde kerk soos ek altyd se sy het nou die dop in dopper gesit. Van Potchefstroom af die dopper hemel waar haar Pa hoge professor is in wysbegeerte of so iets. Haar mening oor ordentlikheid en beskaafdheid sluit nie my nefie met die mullet in nie nee dit en die new age Tante Magriet is heel buite haar sensitieweteite. As Tant Mara  haar bors so uitstoot en haar kop so skeef draai wenkbroue gelig en sy gee jou so n kyk moet jy maar weet jy het nou n onvergeeflike faux pas gemaak  of velskoene by n pak klere of om n engelse word in ‘n sin te laat glip.  Nou die ding tussen Mara en Magriet het gekom met die dansery kyk die doppers mag mos nie dans nie dis teen die skrif.  Hulle se mos hoekom het die doppers nie seks in n regop staande posissie mag he nie want dit kan aanleiding gee tot dans. Maar nou ja blykbaar op my niggie se se troue se het die ander skoonsuster bietjie uitgehak Mara se man gegryp en hom gejive en ge two step hy moes net klou Mara het so afkeurenswaardig kyk gegee het na die affere en ou Willem aan die arm gepluk met die verby op die dans vloer die vuur spoeg uit haar ogies. “Dit is onbehoorlik Magriet heeltemal verregaande hoe gedra jy jou so met my man” het sy gestotter. Dis toe dat Magriet vir haar gese het Mara moet nie daar staan soos n sedige kerk orrelis wat skelm die koster in die donker knyp nie. Sy wat Magriet is weet al haar wat Mara is se streke. Met die gryp my neef met die mullet van Germiston vir ou Mara styf om die lyf en tol met haar n wals om daardie dansvloer, nee jy het nog nooit weer so ‘n verontregte dopper gesien nie. Ek is nie seker of ek my verbeel het nie maar ek wou se ek sien elke keer as Mara so ‘n draai vang asof haar mond hoeke so n smile trek van lekker kry.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

episode 6 – Frikkie Wolraad se doop stories

Junie 11, 2007 · Lewer Kommentaar

Die meeste lunch time customers het al geloop. Ek kom sit nou net om ‘n blaaskansie te vat terwyl die winter sonnetjie nog lekker skyn. Frikkie Wolraad het nou net sy aflewering groentejies agter afgelaai, Mama volg hom en gee kom nie kans om eers behoorlik te sit nie voordat sy hom vreeslik die Leviete begin voor lees. Dis nou kwansuis oor sy smaaklose tamaties, die wat ou Frik in tonnels groei op sy plasie. “Julle pluk die goed groen nou smaak dit soos niks, dit het son nodig, ons vader van bo se son” sê Mama ek ken ou Frikkie nou al n lang tyd mekaar eers raak gedrink daar by die Hotel, hy het later vir my paving gedoen en so en toe ek Café Luigi begin het was hy die man wat die uitbreek en bouery gedoen het. Destyds het ou Frikkie net so n ou vrot geroesde bakkie op sy naam gehad. Hy het wol gesmous uit die ou Transkei, flenters wol orals by die krale gekoop en dan weer hier aan die middel manne verkoop. Hy het altyd erg protesteer as ek gesê het hy smous eintlik dagga daaruit die Transkei uit. “Nooit nie Luigi ek sal nie eens weet dis dagga nie al sit ek onder n dagga boom” Sê hy “Juis, juis “ antwoord ekNou Frikkie is nou soos ek hom noem die nuwe soort Afrikaner, Ons wit ouens wat maar moet skrop om ‘n lewe te maak met BEE en affirmative action en goed. Maar eintlik is ons ‘n guns gedoen sê Frikkie deesdae sê hy ,hy skop net gat maak geld en skuld niemand niks. “Gee my n bakkie en paar planke en blou draad en die wêreld is reg”, dis Frikkie se koningkryk. Hy het later n garden service begin en paint jobs en bou jobs en handy man jobs gedoen. “Your handy Husband” was sy logo op ‘n tyd.“Hoeveel huisvroutjies vandag geservice Frikkie?” het ons hom altyd geterg.Hy het later n klein plasie kon koop en smous nou groente wat hy in tonnels kweek, kamtig organic. “Organic, se voet” sê ek “Jys besig met ‘n gedagga kwekery daar” hy het kwansuis nou die dag ‘n nuwe 4X4 gekoop. Soos hulle sê, n Boer maak ‘n plan. Toe die squatters daar langs sy plek begin nes skop toe begin hy mos n spaza shop en shebeen, min gespin, hy het sommer die community ge organise en en vir Thabo gekry om ‘n committee te stig se hy is alles onder beheer en vorder hy sommer rent ook, die community jaag al die kwaad doeners en ander squatters weg. “adapt or die” se Frikman so ewe. Frikkie se tweede naam is nie sy bynaam van die wol besigheid se dae af nie, nee dit is sy regte tweede doop naam. Die ding kom so van sy Pa se kant af, Frikkie se Pa het sy name gedurende die vurige Nasionalisme van die laat dertigs gekry met die eeu fees vierings en die opening van die Voortrekker monument. Frikkie se Pa is gedoop Koos Kakebeenwa Delport nou hy het die tradisie voortgesit en sy kinders na die helde van die volk vernoem. Die dat Frikkie se suster heet, Hester Rageltjie De beer Delport, en sy broer , Albertus Piet Retief Delport, Frikkie is toe geseend met die name Frederik Wolraad Woltemade Delport. Frikkie se Pa se vurige Nasionalisme het plek gemaak by Frikkie vir sy blindelinge ondersteuning van die Blou Bulle, kyk tipies Nasionalis is dit bykans on christeliks in Frikkie se oe om enige ander span te ondersteun. “Ou Freek “vra ek toe mos vir Frikkie nou wat hy sy eersteling gaan noem, Anna sy vrou is toe seker so n week of twee van kraam af. “Koos” se hy toe vir my, “soos my oupa se name”

“Jakobus Frik Du Preez Delport

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

episode 5 – House wife blues

Junie 9, 2007 · Lewer Kommentaar

Mother in Law always says when we visit;
“Lakshmi!, dish up for Luigi. You must look after your man. I did not teach you like this.”
” Luigi come please eat something.”
I must say I share Mother in Law ‘s sentiments about looking after your man. I should confess that I had different ideas in my mind of married life with Lakshmi. Laksmi, Mother in Law and two other spinster aunties living all under one roof. This Boerseun the man of the house. Sari clad women rushing all about taking special care to all my comfort and needs. Mother in Law directing the whole symphony of husband pleasing band members. A gesture in auntie Zhasmin direction would ensure just the right number of ice cubes in Luigi’s Chivas Regal another swing of the baton will tell Auntie Meera to fetch a Monte Cristo No 6. Reprimanding Laksmi tjie to make sure the Curry is not to hot but spicy for the Boerseun’s sensitive potjie kos and bisto gravy sous taste buds. After supper Mother in Law would motion the couple to the bedroom while secretly passing the dog-eared copy of the Kama Sutra to Laksmi tjie.

Things did not quite turned out that way. Laksmi is an emancipated woman who willingly let me wash dishes, hunt for my onderbroeks in the washing, put out the dirt bags and cook a supper tjie now and again. Saying: “Luigi pour us a wine there please my dear” I am actually very thankfull for it, mostly because I not yet had to ask the bank for an extended bond to built a second storey to the house for all the in laws. You bloggers have no idea how it is to live with a Mother in Law and all your wife’s unmarried spinster cousins and grandma under one roof. The constant cooking, nagging, skindering and all round busy ness will drive one to watch a five day cricket match. I understand now why there is so many holy men in India who turn to solitude and prayer doing hand stands for 100 days and bury themselves alive and walking over hot coals. I myself almost came close to puncture my lower lip with a stomp biltong knife and refuse to take of my Blue bull socks for 10 days. It was only Laksmi jie’s threat to a divorce that returned sanity to me.

So far so good 

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

episode 4 – Moving in

Junie 9, 2007 · Lewer Kommentaar

Ek was nog die ander dag besig om te vertel wat anleiding gegee het dat skoonma so moleste op my voorstoep kom maak het. Kyk die ding het mos nou begin toe ek en Laksmi mekaar nog ge date het en die liefde soos warm kole op ‘n herfs aand braaivleis vuur gegloei het in die boerseun se hart. Die liefde het gespoel soos ‘n rivier wat n stof droe vrystaat plaasdam bereik en wat volloop en oorloop soek. Ek kyk in daardie donker bruin oe en die boerseun se bloed pomp warm en sy knie word lam soos n skrum wat in sak. Ek en Laksmi doen ‘n halwe macarena op die tune van “Afrikaners is plesierig” ala bollywood skouspel en die boerseun weet hy het sy suikerbossie gevind.Ek is daar by skoonma se huis om Laksmi te kom oplaai vir n date, movies of so. Ek kan sien Skoonma is ontsteld en is vreeslik besig en trippel rond. Hou Laksmi vreeslik besig. “Mother please I am going now, I am not sitting here and aunty Meera is not escorting me” se Laksmi“You can’t go out without a sari “ se Skoonma.“Mother what is this I am not wearing a sari. I am not going to temple or something whats going on.” Se Laksmi.“Oooh my daughter.. my daughter” kerm skoonma Ek wag maar geduldig op die stoep en skop bal met al Laksmi se boeties en couusins , Manchester united territory sien ek. ‘n Paar latte het die manchester hempies aan. Haar oudste broer kom daar aan Howzit,bru whats happening hey ?Ek wag vir Laksmi se ek “Be warned my brother” se hy“ I think something is cooking, Ma has been acting up all day yesterday cleaning house went to the temple and all.” He is laughing, looking at me “No man tell me what’s up” vra ek, ek word nou lekker bekommerd.Dis net toe dat daar so n stoet stok ou Mercs twee wittes en een met so retro yellow cream color in die straat op kom. Hulle stop op n ry voor Skoon ma se huis.Ek sien die Durban number plates. Ek dog eers is dit n verdwaalde wedding prosesion of iets. Uit die voorste Merc klim wat soos die man of the moment lyk die groom dog ek net ene smiles. So kort kerel met ‘n klein ronde boep wat hy so uitstoot. Die driver duidelik die pa ook net smiles gesuit en getie, die groom so terug gekamde elvis bruyle cream hairstyle. Die middelste motor het nog so paar gesuit en gecollarde manne en die laaste motor net aunties dit lyk soos ‘n karnaval in Bombay van al die sari wat daaruit klim geles, rooies, bloues en groenes sien ek is die gewildste. Dit blink en skitter van al die bangles en bindis en belly rings en nose en toe rings, dots oppie voorkoppe ek dog kompleet ek is in n Bollywood movie. Nee sien dit was toe mos die Naidoos van Durban op uitnodiging van Skoonma. Ek het my toe maar uit die voete gemaak. Toe die liefde tussen my en Laksmi begin blom het Skoonma alles probeer om n stokkie voor die verhouding te steek. In haar hart was daar iewers n good Indian husband vir Laksmi en sy was natuurlik erg bekommer oor die family se honour en dat nie een van laksmi se sussies n husband gaan kry nie. VG Naidoo was n bachelor en Skoonma het goed gedink dalk as Laksmi nou vir VG ontmoet dan sal sy dalk soos skoonma se “She will see the error in her ways “Maar laksmi is ‘n independent strong woman of the world met n eie wyse streep. A degree in political science en journalism van Rhodes, n bietjie van ‘n klien fyn feminis wat haar nie laat voorskryf nie eens haar ma nie. Die episode was blykbaar ‘n vreeslike Bollywood horror show as daar so n genre is. Soos Laksmi verontwaardig was oor dat haar Ma dit nou kon doen, Natuurlik was die Naidoos net so ontwaardig oor die duidelike afkeur van arme ou VG wat mistroostig net daar gesit het die smiles nou so n hang gesig uitdrukking van verwerping. Ek glo as mens half pad Kaap toe gery het vanaf Durban ek ook maar bietjie moerig sou gewees het.Ewenwel dit is hoe dit gekom het dat Laksmi toe tasse gepak daar by my voorstoep aan geland het. Haar broer het haar hom aflaai.Hy knip oog net vir vir my en se “Lekka bru, welcome in da family” die beat doef doef so uit sy plat op die grond low suspension BMW.Dit was die blyste dag in die boerseun se lewe en hy het Laksmi lank vasgehou.Maar my broek het ook maar gebewe want wat nou, so ek altyd se “Hier kom nou vir jou n ding”

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized